gee die natuur wat dit nodig het om te groei

gesonde plante, groei in gesonde grond

As gevolg van normale landboupraktyke om optimale oesopbrengste te verkry, is die grond in baie gevalle slegs as groeimedium behandel. Die doeltreffendheid van insette het afgeneem en die normale reaksie was om meer en meer chemiese insette te doen. Gips- en kalktoedienings het nie meer die gewenste uitwerking op die chemiese ontleding van die gronde nie. Die infiltrasietempo van gronde neem af, die deurlugting neem af en natriumvlakke bly styg. Die netto effek is dat die biologiese komponent van grond stelselmatig uitsterf en al hoe meer insette is nodig om optimale opbrengste te verkry.

Ons by MOS-groep (Microbial Organic Solutions) doen sedert 1997 navorsing in Suid-Afrika rakende grondbiologie. Met aanvanklike navorsing is slegs organiese sure toegedien, maar resultate was nie konsekwent nie as gevolg van min biologiese aktiwiteit.

Sedert 2002 het ons die kommersiële kombinasies van mikrobes en organiese sure as grondbehandelings begin gebruik. Verbetering in oesopbrengste en kwaliteit is die netto effek, met vermindering in chemiese insette.

MOS-Woema
Vir chemikalieë gekompakteerde grond om struktuur te verbeter en om soute te loog.
MOS-Super-Food
Organiese, donkerbruin gekleurde mengsel van fulvien- en aminosure, afkomstig van diereprodukte
MOS-SI
Bron van silika verkry uit diatomiet en seoliet, wat gebruik word om omgewingstres op plante te verminder.
MOS-Phito
Wortelstimulasie effek en en plante bied natuurlik meer weerstand teen plae en siektes.
MOS-PH
Vir gebruik waar die grond se pH laag is.
MOS-Nbalance
Aalwurmbeheer waar aalwurms problematies is as gevolg van wanbalanse in die grond.
MOS-EnerG
Blaarbespuitingsproduk wat uit amino-glukonate en verskeie organismes bestaan om die plante se energiestelsels te aktiveer.
Black-MOS
Humate-gebaseerde mengsel met grondkondisioneringsmikrobes om as mikrobiese voedsel gebruik te word waar die grond pH laag is

Ons Kliënte

Ons is trots om kliënte van die noorde tot die suide van Suid-Afrika te bedien, oor verskeie klimate en 'n wye verskeidenheid gewasse. Hiermee 'n paar van ons kliënte.

Sonskyn Kunsmis Logo
Loskop ICT Logo
Langplaas Logo
Afrifert Logo
Kontak Ons

Kontak ons vandag nog en laat ons vandag vir jou oes sorg sodat jy op die toekoms kan fokus.

+2712 561 3912
info@organicnature.co.za
289 Sysie Street, Haakdoornboom, Onderstepoort, Pretoria, 0110