MOS Woema

Vir gebruik in gronde waar chemiese wanbalanse ontstaan het, soos te veel natrium in die grond, wat lei tot chemiese beperkende lae wat infiltrasie en deurlugting benadeel. MOS Woema het ook ’n kombinasie van organismes en organiese sure wat biologiese balanse in die grond herstel en kompostering van organiese materiaal bevorder. Dit bestaan onder andere uit twee spesies Bacillus, Trichoderma, Azotobacter, komposorganismes, amino- en fulviensure.

MOS Woema is beskikbaar in:

- 5 Liter

- 25 Liter

- 1000 Liter

MOS-Woema
Download MOS Woema Brosjure
Menginstruksie
resultate in die veld

MOS Woema Proewe / Resultate

1. Die gebruik van gips is die tradisionele metode vir behandeling van brak gronde. Dit werk mits daar goeie dreinering is wat dan die natriums uit die grond kan loog na goeie reen of swaar besproeiing. Indien daar nie dreinering is nie, word die soute slegs eenkant toe gedruk deur die water wat dan weer later terugbeweeg saam met water in die wortelsone in. Die probleem word dan nie opgelos nie.

2. Prof Albrecht gebruik al jare reeds kalk in plaas van gips vir brak regstellings met goeie resultate.

3. By Mos produkte het ons waargeneem dat met die gebruik van biologie die natriums wel verlaag na ‘n aantal jare.

4. Na jare se navorsing het Corrie van der Westhuizen ‘n biologiese produk, Mos Woema, ontwikkel wat die proses drasties versnel, in so ‘n mate dat daar reeds in een seisoen beduidende verskille in die gronde waargeneem is.

5. Die proses van vervaardiging en behandeling van die grond is dan ook gepatenteer. PCT/IB2020051061. ‘N Suid Afrikaanse patent is dan ook geregistreer. Die nommer is 2021/02489. A SOIL TREATMENT MIXTURE. Dit is ook gepubliseer in die SA patente joernaal.

6. Dit is ‘n total vreemde en nuwe konsep vir wetenskaplikes, juis daarom kon ons die patent registreer.

7. Die proses word Biologiese transmutasie van elemente genoem. Hierdie proses maak slim wetenskaplikes twyfel aangesien dit ‘n vreemde konsep is. Gaan google gerus: Biological Transmutation of Elements.

8. Agv punt nr 7 is daar nie ‘n opbou van Na in die grond nie.

MOS Woema Proewe / Resultate

1. Die CaCO3 is fundamenteel vir die werking van die biologie.

2. Dit bevat kalsium, koolstof en suurstof wat noodsaaklik is vir biologiese aktiwiteit. Gips het nie koolstof nie.

3. Die resultate wat ons verkry in die veld is ‘n bewys dat dit werk.

4. Ca is die sleutel vir die werking van biologie in die grond

5. CaSO4 het geen effek op gronde met ‘n Ca% op TKUV laer as 60% nie.

MOS WOEMA EN BRAK GROND (AFLAAIBAAR)
Kontak ons
Kontak ons vandag nog en laat ons vandag vir jou oes sorg sodat jy op die toekoms kan fokus.
+2712 561 3912
info@organicnature.co.za
289 Sysie Street, Haakdoornboom, Onderstepoort, Pretoria, 0110